Na een spesifieke LIGskrywer-naweek was ek absoluut in verwondering oor hoe die vyf dames wat dit bygewoon het se lewenstemas oorvleuel het.
Nie een van ons het mekaar geken voor die naweek nie…
ek het nie elkeen se lewensverhaal geken voor die tyd nie …
maar GOD HET…
Hy het elkeen geken…
Hy het die fynste detail van elke lewensstorie geweet…
Ons was ‘hand picked’ vir die spesifieke naweek se waterput-oomblik in die woestyn.
Dit het my opnuut die waarheid laat besef : God is die God wat Sien…
Hy sien waar niemand anders kan sien nie …
Hy sien My … en Hy sien JOU!
Soms voel dit vir ons of God van ons vergeet het. Ek het hierdie week iets belangrik besef :
Ek het aan Hagar se verhaal gedink.
Hagar het God heel eerste genoem: El Roi – DIE GOD WAT SIEN.
Net om jou te herinner wie sy was:
Ons lees :
Gen.16 : 7 + 8 “En die Engel van die HERE het haar by ‘n fontein in die woestyn gevind… en gevra: ‘Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen?”
Op watter plek is jy nou?
Sy antwoord Hom : “Ek vlug…”
Hy sê vir haar drie goed :
1) ‘Gaan terug’… m.a.w. daar waar jy van wegvlug, gaan terug en gaan ‘face’ dit.
2) ‘Die kind wat jy verwag, sy naam is Ismael.’ Ismael beteken God HOOR! ‘Hierdie situasie waarin jy nou is – ek weet – ek HOOR JOU.’
3) ‘Ismael gaan ‘n groot nageslag word – Ek seën hom. Ek gaan hierdie vir jou goed laat uitdraai.’
Hagar het daar geweet : God het haar GESIEN – sy noem Hom El Roi – Die God wat sien.
Soms is dit nodig dat ons net ‘n oomblik stop by ‘n waterput in die woestyn…
…vir ‘n oomblik ophou vlug…
…van my omstandighede af … van myself af… van my verlede af…
…van dit wat ek nie die moed het om te ‘face’ nie…
STOP NET … EN SIEN GOD !
God SIEN JOU.
God HOOR JOU.
God WIL JOU SEëN.
Hou op hardloop… STOP NET … EN SIEN GOD !
Skryf LIG!
Geskryf deur Marinda de Jager – marinda@lightwriter.co.za
Hagar het in haar waterput-oomblik in die woestyn gestop –
…ophou vlug –
Soms moet ek God sien in my omstandighede …
…en soms moet ek God in my omstandighede sien.
…en vir GOD GESIEN.
Hagar moes God sien in haar omstandighede.
Iets wat vir my uitstaan in haar verhaal in Gen.16:13 : Sy sê nie net God se naam is El Roi nie – sy sê ook Ek het HOM gesien.
Hy het my gesien – en ek het Hom terug gesien.
Gen.16:13 (NIV) “She gave this name to the LORD who spoke to her, ‘You are the God who sees me,’ for she said, ‘I have now seen the ONE who sees me.’”
Hy is die God wat sien – Hy sien nog die hele tyd – dis asof Hagar se oë in daardie oomblik oopgaan toe die Engel haar daar by die put in die woestyn kry – en toe sien sy Hom – en sy sien dat Hy sien… want dis wie Hy is : El Roi, die God wat sien.
In my praktyk kombineer ek Christelike waarhede met Neuro-wetenskap.
Dis interessant om te weet dat een van die dinge wat in ‘n mens se liggaam gebeur wanneer jy bang of benoud is, is dat die pupille van jou oë vergroot. Jou oë ontwikkel tonnelvisie en jy verloor jou periferale visie.
Tonnelvisie beteken jy fokus net op die gevaar voor jou.
Periferale visie is jou vermoë om dinge raak te sien waarna jy nie direk kyk nie. (Bv. uit die hoek van jou oog.)
Wat in ons liggaam gebeur, speel ook in jou emosionele belewenis en geestelike ervaring uit – as ek fokus op die probleem voor my, verloor ek my vermoë om iets anders as die probleem raak te sien.
Soms voel ons omstandighede en probleme vir ons oorweldigend. God sien ons, maar ons verloor die vermoë om te sien dat Hy sien, omdat ons op die probleem fokus.
Hagar het gesê Hy is El Roi – Hy is die God wat sien.
Sy het ook gesê: “I have now seen the One who sees me.”
Hagar SIEN DAT GOD SIEN … Hagar sien GOD
Jy voel dalk vandag of jy in ‘n woestyn is en of niemand sien nie.
Hy IS EL ROI – HY IS DIE EEN WAT SIEN
Sien jy dat Hy sien?
Hagar se woorde (Amplified Bible , Classic Edition) :
Gen.16:13
“Have I [not] even here [in the wilderness] looked upon Him who sees me [and lived]?
Or have I here also seen [the future purpose or designs of] Him who sees me?”
HY IS EL ROI – DIE GOD WAT SIEN
HY SIEN JOU!
SIEN HOM… SIEN DAT HY SIEN
SIEN DIE ‘FUTURE PURPOSE OR DESIGNS’ VAN JOU LEWE!
Skryf LIG!